Welkom by HvD se Webwerf
Gaste word met ope arms verwelkom by Hennie en Tokkie se webwerfNuwe Blogs
Kyk onder 'BLAAI SAAM' bo
Gebruik die ‘menu’ heel bo om ons webwerf to navigeer
Welkom by ons Tuisblad!
- Lees Louise Viljoen se mooi resensie van my jongste boek,”Na verre hawens” (Naledi, 2019), op Maroela Media en Sarel Venter se lesersindruk op Litnet. Boek word op die Oppiwaterkunstefees op die MSC Musica bekend gestel.
- Kom loer in by ons Bosveld-paradys Sabiepark en op Melkbos – ware plekke van melk en heuning.
- Blaai saam deur ons albums oor ons lewens, ons kinders, ons kuierplekke en wat nog. (Klik op die banier onderaan die blad).
- Kyk saam na die album van ons Drie Bakenfees (my 75ste, Tokkie se 70ste en ons aanstaande goue bruilof) op 26 Maart 2016 in ons “tent van samekoms” op Melkbos se grasperk (fotograwe: Jacob en Thomas Claassens).
- Kry ‘n prentjie van ons karre en ons huise deur die jare (skakels Motors/Huise).
- Maak kennis met Witnek, ons (gewese) Sabieparkse duikertjie (skakel Witnek).
- Lees oor my nuwe e-boek oor die olifant Mayafudi, Spore in die bos. Luister na die inspirerende ELEPHANT SONG (skakel Mayafudi).
- Maak kennis by met HvD se kerk-memoires – die beskeie begin en einde van ‘n abortiewe boek oor my verbintenis met die NGK (skakel Kerk).
- Kry ‘n volledige lysie van HvD-titels (skakel Boeke).
- Wie is HvD? Lees die nuwe profiel wat in Mei 2012 voorberei is vir die webblad Mediamense (skakel Hoogtepunte).
- Wie is Tokkie? Sy swaai die septer – met CV en al – by die skakel “Tokkie”. .
- Vir ‘n “selfportret” besoek die skakel die Ware Jakob.
Klik op die verwante fotos om meer te lees..
Einde van era
Op Saterdag 7 Augustus 2020 het Volksblad vir oulaas as papierkoerant verskyn. ‘n Ikoniese gewel verdwyn uit die galery van hoofstroomkoerante. Volksblad skuif in ‘n nuwe gedaante op ‘n digitale syspoor onder die sambreel van Netwerk24. ‘n Hartseerdag!
Wiele
Die Van Deventers se wiele deur die jare kan besigtig te word deur op die foto te klik (Die X1 staan van 15 Januarie af in my motorhuis)
Vars foto’s
Vars foto’s uit Penguin Place 11 is o.m. van ons tentfees op 26 Maart 2016 ter viering van my 75ste, Tokkie se 70ste en ons goue bruilof op 31 Desember.
QM2 Vaart
‘n Onvergeetlike vaart op hierdie skip van prag, praal & styl. Tokkie op die dek by die kenmerkende rooi reuseskoorsteen van Cunardskepe
Ek-bril
Ek betrag my 50 jaar by koerante deur ‘n – natuurlik uiters bevooordeelde – ek-bril.
Sabieparkkuiers
KRONIEK van die lief en leed van nege Sabieparkkuiers saam met Oupa en Ouma.
HvD en die WVK
“Afrikaanse koerante het hul plig gedoen.”. Getuienis van o.m. doodsdreigemente vanuit die ver-regse AWB.
Ons luiperd
Luiperd maak haar tuis op Tarlehoet se stoep. Dag en nag vir twee dae lank. Caroline Pols van Gecko het die verrassing op die lyf geloop en die foto’s geneem.
Huise
Van Babanago af tot nou op Melkbos was daar nogal heelwat huise in die Van D’s se lewe. Meer as waarvan ons foto’s het. Klik op die foto
HvD se Foto-albums
HvD se Boeke – van Scoops tot Spore in die Bos


















